Man vas ná rooftog in Johannesburg se middestad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in hegtenis geneem kort nadat ʼn groep verdagtes Maandagaand drie mense in Johannesburg se middestad beroof het.

Ao. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê ʼn groep van sewe mans is op kringtelevisie afgeneem toe hulle op twee mans en ʼn vrou toegeslaan het.

“Die slagoffers het saam geloop toe die groep hulle omsingel het. Die verdagtes het die slagoffers gewurg en hul selfone en geld gesteel voordat hulle gevlug het,” het Mbele gesê.

Die verdagte is 10 minute later aangekeer. Hy moet Woensdag in die Johannesburg-landdroshof verskyn.

Die polisie is steeds op soek na die ses ander verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

Ek is vrek bang vir die jhb midde stad. Moet sé, daar is ‘n paar goeie sekuriteits manne wat mens veiliger laat voel. Maar bid, bid ek heeltyd as ek moet gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.