Man vas ná seun ontvoer en in drein aangehou is

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man (22) is Saterdag in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ʼn 10-jarige seun.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die seun is sedert 25 Augustus vermis nadat hy nie van die skool af teruggekeer het nie. Die seun is Sondag 27 Augustus as vermis aangemeld.

“Die verdagte het die seun se familie gebel en ʼn losprys geëis. Gedurende die ondersoek kon die polisie daarin slaag om ʼn onderhoud met die verdagte te voer waartydens hy verklap het waar die seun is,” het Mokgwabone gesê.

Volgens Mokgwabone is die seun Vrydag in ʼn ou drein buite Verdwaal naby Itsoseng gevind.

“Die seun is eers vir mediese behandeling gestuur en toe met sy familie herenig nadat hulle vasgestel het dat hy gesond is,” het Mokgwabone gesê.

Die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat die seun op twee plekke aangehou is insluitend ‘n drein naby ʼn plaaslike sportterrein.

Die verdagte sal Maandag in die Itsoseng landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Zumie ·

Kom ons kyk nou of hierdie saak dieslfde aandag van die DOV en pers gaan kry as die doodskis saak……
Geen pryse vir diegene wat regraai dat daar geen spesiale aandag gegee gaan word nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.