ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo die standbeeld van Mahatma Gandhi op Gandhi-plein in die Johannesburgse middestad geskend het.
Volgens lt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, is die 21-jarige man Saterdagmiddag in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes hom op heterdaad betrap het.
“Die man was besig om die standbeeld met wit verf te smeer. Hy het ʼn 5 l-verfkan by hom gehad. Daar was ook bordjies waarop hy geskryf het ‘Gandhi statue must go’,” het Makhubele gesê.
Die man het glo reeds van die standbeeld se plate met die wit verf toegeverf en wou die res van die beeld skend toe die polisie op hom afgekom het.
Die man gaan na verwagting Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van kwaadwillige beskadiging van eiendom.
En voor 10.00 is hy terug by die huis sonder nagevolge.
Wonder hoekom die polisie nou so vinnig opgetree het?????. Hmmmmm.
wat het gandi met apartheid te doen
Hy het daarteen geveg, maar hierdie skepsel weet dit nie of gee nie om nie. Die huidige situasie het nie net meer te doen met politiek nie. Dit is net nog ‘n bewys van die inherente lus vir valdalisme, geweld en verwoesting. Die feit dat af gebreek kan word is genoeg, die motivering daarvoor maak nie saak nie. Dink maar aan hoe paaie, biblioteke, skole ens. beskadig word tydens protes optogte.
Laat hy dit self skoonmaak en sy straf moet wees dat hy van nou af verantwoordelik gehou word vir die daaglikse taak aangesien hul mos ontspan by die monumente.
Binne-in die kop is presies wat in die standbeeld se kop is. Nee , nog minder want in die standbeeld se kop is graniet.
Hoe seker is julle dat die nie n teen reaksie was op die skending nie en dit is waarom hy so vinnig gevang is en die ander word nie gevang nie
Ek wil graag weet hoekom die polisie so vinnig op gestaan het vir nielewendige dig as wat vir ons as mens wat asm haal en weet julle wat julle doen stanbeelde is net n ou stik geskiedenis, maar ek weet ons geskiedenis is wat ons Suide-Afrika gemaak het al is dit sleg of goed gewees. Niemand kan die geskiedenis verander nie of verbeter nie. Kap dit allis af en kom klaar daar mee of losdid daar waar dit staan, dit is in julle hande, maar wat ook al julle kies wees gereed vir die nagevolge
Die arme swaap wat Ghandi se beeld beskadig het, wou natuurlik sy beskeie bydrae lewer tot die verwydering en skending van alles wat met kolonialisme verbind word. Maar natuurlik het mev. Pless nie eens skoolgegaan nie, wat dan sou hy geweet het Ghandi het niks met kolonialisme uit te waai nie. Dit laat my ook verder besef dat die EFF se beskadiging van ons standbeelde vir die ANC soos ‘n welkome briesie is, want nou lei dit eers die aandag van NKandla af. As ek Zuma was, sou ek dit op hierdie stadium verwelkom het en selfs uitgesien het daarna.