Man vas na skietery van ANC-lede

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat drie ANC-lede in Umtshezi in KwaZulu-Natal geskiet het.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die 40-jarige man is Vrydag in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting binnekort in die Estcourt-landdroshof verskyn. Zwane sê die man was glo betrokke in die skietery waarin twee ANC-lede ernstig beseer is. Die een ANC-lid was ʼn swanger vrou wat haar ongebore baba verloor het in die skietery. Die ander ANC-lid is lig beseer. “Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie en die polisie ondersoek drie sake van poging tot moord,” sê Zwane. Hy sê die polisie soek nog twee mense in verband met die skietery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.