Man vas ná ‘sluipmoordenaar’ van plan verander

Klaas Thokwana (Foto verskaf deur die Valke in Mpumalanga)

Klaas Thokwana (54), wat daarvan beskuldig word dat hy saamgesweer het om sy 42-jarige eksvrou te vermoor, het Vrydag in die Secunda-landdroshof in Mpumalanga verskyn.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Thokwana is vrygelaat op borgtog van R5 000. Hy moet op 11 Maart 2020 weer in die hof verskyn.

Thokwana is Woensdag deur die Valke in Secunda in hegtenis geneem toe bewerings aan die lig gekom het dat hy ʼn 39-jarige vrou gehuur het om hom te help met die plan om sy vrou te vermoor. “ʼn Vergadering tussen die twee persone verskaf besonderhede hoe die moord uitgevoer sou word,” het Sekgotodi bygevoeg.

“Die sogenaamde sluipmoordenaar het egter van plan verander en die slagoffer in kennis gestel. Die saak is by die Valke aangemeld vir verdere ondersoek.”

Dit het Dinsdagaand aan die lig gekom dat Thokwana glo die “sluipmoordenaar” gekontak het en haar in kennis gestel het dat hy alleen voortgaan met die plan, omdat sy die planne probeer vertraag.

“Die ondersoekspan is gewaarsku en Thokwana is in hegtenis geneem op pad na die slagoffer se huis. Hy het sy 9 mm-vuurwapen by hom gehad toe hy aangekeer is,” het Sekgotodi bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.