ʼn 38-jarige man is Maandag in Kimberley in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn man doodgery het en van die toneel af weggejaag het.
Lt. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie, sê ʼn 30-jarige man is Sondagaand in Pnielweg omgery waarna die bestuurder van die motor weggejaag het. Die beseerde is na ʼn hospitaal geneem waar hy met sy aankoms dood verklaar is.
Die verdagte sal Dinsdag in die Kimberley-landdroshof verskyn op aanklag van moord, roekelose bestuur en strafbare manslag.