Man vas na tref-en-trap

handcuffs3-320x257ʼn 38-jarige man is Maandag in Kimberley in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn man doodgery het en van die toneel af weggejaag het.

Lt. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie, sê ʼn 30-jarige man is Sondagaand in Pnielweg omgery waarna die bestuurder van die motor weggejaag het. Die beseerde is na ʼn hospitaal geneem waar hy met sy aankoms dood verklaar is.

Die verdagte sal Dinsdag in die Kimberley-landdroshof verskyn op aanklag van moord, roekelose bestuur en strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.