Man vas ná tref-en-trap

Die taxibestuurder word in hegtenis geneem. Foto: ANA

Die taxibestuurder word in hegtenis geneem. Foto: ANA

ʼn Man is Donderdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem in verband met die dood van ʼn verkeersbeampte wat vroeër die week in ʼn gru-botsing in Kaapstad dood is.

Volgens die Stad Kaapstad het lede van die stad se metropolisie en spesiale ondersoekeenheid omstreeks 01:00 die verdagte in Mfuleni vasgetrek. Hy word tans by die Nyanga-polisiestasie aangehou.

Die man, wat glo Dinsdag van die ongelukstoneel af gevlug het, het nog dieselfde klere aangehad as die dag van die ongeluk.

Mogamat Faried Galant (35) is dood toe die bestuurder van ʼn taxi op Jakes Gerwel-rylaan beheer oor die voertuig verloor het en oor die middelman van die pad in aankomende verkeer ingery het. JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid in die Stad Kaapstad, het gesê dat die taxi reg van voor teen Galant se voertuig gebots het. Galant is op slag dood.

Vier ander voertuie was toe ook in ʼn daaropvolgende botsing betrokke. Die stad het daarna ʼn R50 000 beloning aangebied vir enige inligting wat tot die taxibestuurder se inhegtenisneming kon lei.

Galant is Dinsdagmiddag begrawe in ooreenstemming met Moslem-gebruike. Hy laat sy vrou en drie kinders agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jaco ·

Die taxidrywer em die oorlededene is albei nie wit nie em kyk hor vinnig word die taxidrywer gevang. Sal seker ook swaar gestraf word. Was sy victim wit, is by nooit gevang nie, of die straf is lig.

Morne ·

Jammer Jaco maar ek stem nie saam nie…dis nie nodig om altyd alles n rasse ding te maak nie. Ek is seker hy sou inelkgeval gevang word want dit is Kaapstad.

Theresa ·

Self vanoggend met taxi van reg voor in my baan moes plan maak. Op spoed want hy sal en wil oor die soliede wit lyn in verkeer op beur, want dis sy wil.
Kan dit nie oral aangebied word dat so ‘n persoon (daar is baie ooggetuies van dié soort optrede) ‘n stewige bedrag betaal kan word vir ‘n oproep metro toe om die “mens” van die pad te kom verwyder nie?? Metro kry dan ‘n klein bonus vir spoedige optrede. Laksheid sal nie werk nie. O ja, die taxis doen dit daagliks in Rubensteinrylaan. Dis ‘n speelveld vir hul, want daar is geen geregsdienaar om hul in die bek te ruk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.