Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die man is in hegtenis geneem nadat hy hom Woensdagoggend by die Humewood-polisiekantoor in Port Elizabeth oorgegee het. Volgens Janse van Rensburg sal die verdagte Woensdag in die hof verskyn.
Matthee is Sondagaand dood nadat hy met sy motorfiets in ʼn botsing met ʼn Mercedes Benz betrokke was. Volgens HeraldLIVE het die botsing by die kruising van Forest Hill- en La Roche-weg in Humewood plaasgevind. Matthee is van sy motorfiets geslinger en is op die toneel dood verklaar.
Volgens die berig het die bestuurder van die Mercedes Benz glo van die toneel gevlug en sy twee passasiers agtergelaat.
Matthee het ingenieurswese by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit studeer.
Ek gaan raai dit was n swart Mecedes Benz met getinte vensters en die insittendes kon nie geindentifiseer word nie.Kom ons hoop maar ek is verkeerd.
Wanneer iemand van ‘n ongelukstoneel af wegvlug en later te voorkyn tree laat dit groot ruimtes vir bespiegelings oop. Vrae oor waarom so een nie onmiddelik gereed was om ‘n verklaring af te lê maar dit wel later kon doen.
Hy was gedrink, dis die enigste verklaring, tensy hy nie lisensie gehad het nie en iemand namens hom gaan oorgee het.