Man vas ná treine brand in Kaapstad

Foto: @MikMotala/Twitter

Die polisie in die Wes-Kaap het ʼn 30-jarige man in hegtenis geneem in verband met Sondag se voorval by die Kaapstad-treinstasie waar twee treine verwoes is.

Die verdagte is deur beamptes van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) voorgekeer waarna hy deur die polisie in hegtenis geneem is, het lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Beeldmateriaal is gebruik om die verdagte van Khayelitsha te identifiseer. Hy sal binnekort in die Kaapstadse landdroshof verskyn. Die moontlikheid van nog inhegtenisnemings kan nie uitgesluit word nie.”

Die skade van die brand beloop minstens R33 miljoen. Die brand het Sondag omstreeks 15:40 plaasgevind en twee treine op platforms 13 en 14 is verwoes toe sterk winde die vlamme van een trein na die ander gewaai het.

Foto: @MikMotala/Twitter

Brandbestryders was teen 16:15 op die toneel en die brand is net ná 19:00 geblus. Volgens Metrorail is alle treinbedrywighede by die stasie as voorsorgmaatreël gestaak.

Altesaam 12 treinwaens en 300 m kabels is verwoes. Geen personeel of pendelaars is egter beseer nie.

Metrorail sê in die verklaring die polisie is besig om kringtelevisiebeeldmateriaal na te gaan as deel van hul ondersoek.

Blade Nzimande, minister van vervoer, het vroeër gesê ʼn “sinistere mag” is besig om die Suid-Afrikaanse spoorwegstelsel te verwoes.

Nzimande het die aanval op die treinstasie in ʼn verklaring veroordeel. “Dit is nou onbetwisbaar dat daar ʼn sinistere mag aan die werk is om ons spoorwegstelsel te verwoes,” het hy gesê.

“Dit is ook duidelik dat hierdie mag meedoënloos en vasbeslote is om die ANC-regering se vordering en pogings om die Metrorail-diens te moderniseer in die wiele te ry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Chris ·

Mooi so goeie werk nou kan mnr Blade vasstel van watter sinistere mag is hy. Indien hy van die A& C is sal ons nie hoor aan watter duistere mag hy behoort

Hannetjie ·

Ek hoop dat hierdie man baie swaar gestraf sal word.Dankie vir die polisie se vinnige inhegtenisname van die skurk

Verniel/ afbreek/ verwoes ·

Blade, ek ken die rerige naam vir die sogenaamde “sinistere mag” waarvan jy praat……

marous ·

Gee hom borg en ‘n prokureur , dan kan die saak vir jare sloer . lem en sy gesante kan maar op en af spring . Hulle het hard gebid vir hierdie wetteloosheid .

Jack Daniel ·

Cereal brag oor twee nuwe treine…
Waaroor gaan hy nou brag… R33miljoen skade???
By gese – net jammer daardie treine was leeg.
Vanoggend is ons Klein historiese dorpie in Mpumalanga in chaos!
Africa tyre braai n Africa danse!
Somber atmosphere! Self die voeltjies n pets is stil n kruip weg.

Jacques ·

Ja en nou Blade , wat gaan nou gebeur ? Hoeveel duisende rande van ons belasting geld gaan spandeur word op die mens voor hy miskien gevonnis word ? Die een is nou gevang en dan word hy net vervang met die volgende een ? Julle politieke speletjies kos die land (Belastingbetalers) baie geld , geld wat op jou eie mense spandeer kon word vir huise ens .

Merie Perd ·

Ekskuus, ek vra maar net. Dalk is ek dom, Van wanneer af is dit n gegewe dat die regering aan mense huise/woonplekke moet verskaf?
Ek will ook een he, ek het 20 jaar lank gewerk om my huis af te betaal, toe vat “affirmative action” dit weg. Van die mense (plakkerskampe) riot en verwoes oor diens lewering en hulle betaal nie eers huur of vir dienslewering nie. Afrika?

Anoniem ·

Jaaaa Blade, die brandstigter het dalk bloed in sy alkohol gehad toe hy die brand gestig het…

As daar opgehou word om die treine so fluks te vervang wanneer hulle afgebrand word, sal die pampoene dalk twee keer dink voor hulle die volgende trein afbrand.

aj ·

Wat het geword van die sekuriteitgroep wat onlangs ingestel is spesifiek om die treine te beveilig?

Ook omgekoop?

Deur die TAXI ANC MAFIA?

Merie Perd ·

Ekskuus, ek vra maar net. Dalk is ek dom, Van wanneer af is dit n gegewe dat die regering aan mense huise/woonplekke moet verskaf?
Ek will ook een he, ek het 20 jaar lank gewerk om my huis af te betaal, toe vat “affirmative action” dit weg. Van die mense (plakkerskampe) riot en verwoes oor diens lewering en hulle betaal nie eers huur of vir dienslewering nie. Afrika?

Santie ·

Ja mens kan jou verontwaardiging teen Blade uitskreeu. Maar wat van die duisende mense wat absoluut afhanklik is van treine om brood op hul tafels te sit? Ek kry hulle baie jammer. Hulle sukkel reeds om by die werk te kom, en nou dit?

Niel ·

ja nee, sinistere mag vanuit ‘n sterk ANC woonbuurt, Khayelitsha. Skerp minister skerp

GM ·

Santie, dis waar, maar hoeveel keer gebeur dit nie dat die gemeenskap weet wie die kriminele is nie.
Hulle bly maar net stil want, 1. Hul word geïntimideer/met die dood gedreig, 2. Die kriminele is familie en die ouers wil hul nie aangee nie, 3. Hul gee net nie om nie want baie van hul betaal nie vir dienste nie, 4. Môre vervang die regering maar net weer als, so dis aanvaarbaar om te brand en te verwoes. So kan die lys aangaan.

Dié keer lyk dit of die terroris óf aangery is Kaap toe sodat die Wes-Kaap onregeerbaar gemaak kan word óf die taxi’s meer geld kan maak. Iemand se boetie kan ook natuurlik weer geld kort.

GM ·

Merie Perd, dit maak my ook naar dat ons vir als moet betaal, terwyl ander net als verniet kan kry. Niemand het gesê hul moet so baie kinders kry nie. Hul lewensstandaard sou beter wees as soveel monde nie gevoed en geklee moes word nie. Almal kon werk hê. Maar dis mos maar beter om ander te blameer vir mens se tekortkominge as wat dit is om selfrefleksie te doen.
Ek sou kon doen met al daai belastinggeld wat ons elke maand so moet weggee, en water-en krag premies, levies, grondbelasting ens. Geen stres.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.