Man vas ná vals kaping-aantygings

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn 29-jarige man verskyn Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof op aanklagte van meineed nadat hy ʼn kaping aangemeld het wat nooit plaasgevind het nie.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is deur ʼn “vroulike metgesel” besteel.

Die man het volgens die polisie aangevoer hy is Vrydagaand tussen 22:00 en 23:00 gekaap toe hy op die hoek van Parliament- en Rosestraat in Port Elizabeth gestop het om te urineer.

Volgens hom is hy deur drie mans genader wat hom terug in sy motor gedwing het en met hom na Havelockstraat gery het en hom daar van sy kontant, selfoon en motorsleutel beroof het.

ʼn Saak van kaping is by die Humewood-polisiestasie aanhangig gemaak.

“Speurders het gevoel die man se weergawe van gebeure is verdag en by nadere ondersoek is daar vasgestel hy het gelieg. Hy was saam met ʼn vroulike passasier in die motor in Havelockstraat. Daar is hy van sy sleutels, kontant en beursie beroof.”

Die man is gevolglik in hegtenis geneem.

Genl.maj. Funeka Siganga, bevelvoerder van die Mount Road-polisiëringsgebied, het gesê sulke gevalle het ʼn ernstige impak op dienslewering, hulpbronne en mannekrag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Swannie ·

Maroela Media, die man is in hegtenis geneem op aanklag van meineed en nie vervalsing soos deur julle berig word nie.

Landi Slatter ·

Dagsê Swannie

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.