Man vas ná verkragting van vyfjarige

boeie 5ʼn Man is Maandagaand in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn vyfjarige in Johannesburg se middestad verkrag het.

Ao. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê die verkragting het glo Saterdag plaasgevind.

“Die ma van die meisie het haar dokter toe gevat nadat sy gekla het dat daar iets by haar geslagsdele uitkom,” het Mbele gesê.

Volgens Mbele het die dokter bevestig dat die meisie seksueel aangerand is.

Die meisie het toe haar ma vertel wat gebeur het, waarna die man in hegtenis geneem is.

Hy sal na verwagting binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

scalla ·

Moenie vrae vra nie, kap af wat pla, sorteer dit sommer self uit met die gemors

sproetjies ·

Ek stem saam Scalla. Hoekom hierdie tipe mens nie kinders kan uitlos nie, weet nugter alleen. Dat ‘n onskuldige kind so verniel moet word is om van siek te word. Ons wette is hopeloos te sag vir sulke gevalle.

Theresa ·

Diep onder die grond is sy volgende lê-plek. Dis al wat werk want sulke skuim het ons nie in die samelewing nodig nie. Hulle moet summier “verwyder” word.

CHRISTA ·

As ons howe nie hierdie barbare swaarder gaan straf nie, gaan mense wet in eie hande begin neem en dan moet ons regering of polisie NIE KLA NIE – HULLE HET HULLE KANS GEHAD om wet en orde te handhaaf!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.