Man vas ná ‘vermiste’ se dood

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie in Kimberley het ʼn 23-jarige man in hegtenis geneem op aanklag van ontvoering en moord.

Gershwin Swartz (24) het op 11 Julie omstreeks 19:30 sy ouerhuis verlaat. Hy het met ʼn blou Volkswagen Polo gery en nooit weer teruggekeer huis toe nie. Hy is kort daarna as vermis aangemeld.

Die polisie het onmiddellik ʼn soektog van stapel gestuur en Swartz se motor is by ʼn huis in Newpark gevind. “Die polisie het tydens hul ondersoek vasgestel Swartz se vriendin woon by die huis. Verdere ondersoek het die polisie na Galeshewe gelei waar die verdagte in hegtenis geneem is,” het kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens Tawana het die verdagte die polisie na ʼn veld naby ʼn skietbaan gevat waar Swartz se liggaam met verskeie steekwonde gevind is.

Die verdagte sal Maandag in die Kimberley-landdroshof verskyn.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, Desmond Markgraaff, by 082 302 0407 of 053 838 4208 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Buitestander ·

Dit is duidelik bende geweld. Daar’s meer as een skuldige ‘n bende.

Eugene ·

Volgens die beskikbare inliging het jy ontsettende goeie “insig” om so afleiding te kan maak. Klink vir my na roof.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.