Man vas ná Vosloorus-moord

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

ʼn Man is reeds in hegtenis geneem nadat hy glo verlede Maandag die ma van sy kind vermoor en kort daarna haar motor verkoop het.

Kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder in Gauteng, sê die verdagte is Maandag aangekeer.

Die 32-jarige vrou se ma het haar die afgelope naweek as vermis aangemeld. Sy is glo op 11 Januarie by die huis weg om by haar vriend, die pa van haar tweejarige kind, te gaan kuier. Sy het nie weer by die huis opgedaag nie, ten spyte van die vriend se bewering dat sy by hom weg is.

Danksy die samewerking van inwoners kon die polisie inligting opvolg wat hulle tot in Alberton gelei het waar die vrou se voertuig aangetref is.

“Die persoon in besit van die voertuig het die polisie weer na die vriend gelei wat die motor aan hom verkoop het,” het Makhubela gesê.

Die man is by sy huis in Vosloorus in hegtenis geneem. Volgens die polisie het die 32-jarige verdagte erken dat hy die vrou vermoor en haar liggaam in ʼn veld naby Heidelberg gegooi het. Die vrou se liggaam is daar aangetref.

Die man verskyn binnekort in die landdroshof op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Androclus ·

Hy het gedink hy kan sommer net ontslae raak van vrou sowel as motor,toe loop hy hom lekker vas.baie dankie neem ander se lewe sommer net so.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.