Man vas ná vrou se gru-moord

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op die 29-jarige vrou van Kempton Park wie se liggaam met verskeie steekwonde in haar huis aangetref is.

Kapt. Jethro Mtshali, woordvoerder van die polisie, het gesê Priska Schalk was naak en haar hande was vasgebind.

Maroela Media het vroeër berig die polisie is verlede Maandag omstreeks 22:10 na die huis in Commissionerstraat ontbied, waar hulle Schalk se liggaam in haar slaapkamer aangetref het. Sy het veelvuldige steekwonde aan haar bolyf gehad en van die skerp voorwerpe waarmee sy gesteek is, was glo steeds in haar liggaam.

Volgens Mtshali het die polisie kort ná die moord na die oorledene se kêrel begin soek. Hy is Vrydag in Polokwane in Limpopo in hegtenis geneem. Die man het Maandag vlugtig in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

Die verdagte is glo 28 jaar oud. Die polisie het vroeër gesê hy het vermoedelik as ʼn veiligheidswag by ʼn skool in die Kempton Park-omgewing gewerk.

Die saak is tot 14 Maart uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.