Man vas ná vrou se liggaam by stortingsterrein gevind is

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 42-jarige man van Coligny in Noordwes is in hegtenis geneem vir die moord op sy 32-jarige vriendin.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, sê die vrou se liggaam is glo oor die naweek in die verdagte se motor by ʼn stortingsterrein gevind.

Volgens Funani het die vrou ʼn “oop wond” aan haar bors gehad.

Sy sê die 42-jarige man is by die Tlhabologang-nedersetting in dié provinsie in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn soektog na hom van stapel gestuur het.

Funani sê daar is in dié stadium nog geen motief bekend vir die moord nie. ʼn Polisieondersoek duur voort.

Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Lichtenburg verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.