Man vas na Vryheid-plaasaanval

Billy van Rooyen en sy vrou, Karlien. Foto: Facebook

Billy van Rooyen en sy vrou, Karlien. Foto: Facebook

ʼn Man wat glo verlede week betrokke was by ʼn aanval op ʼn plaas naby Vryheid, in KwaZulu-Natal, waartydens ʼn man en later ook sy skoonpa, dood is, sal Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Maj. Shooz Magudulela, woordvoerder van die polisie, het gesê die 33-jarige verdagte staan tereg op twee aanklagte van moord, ʼn aanklag van poging tot moord en ʼn aanklag van huisbraak. Die polisie is steeds op soek na die verdagte se 11 ander medepligtiges.

Maroela Media het vroeër berig Billy van Rooyen (37) en sy skoonpa, Ronnie Lombard (62), is dood nadat hulle deur 12 verdagtes op die familie se plaas in die Swart Umfolozi-distrik, naby Gluckstadt, oorval en geskiet is. Billy se pa, Lood van Rooyen (76), is ook in die aanval beseer.

Die verdagtes het met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug. Die polisie het verlede week gesê ses mans is dieselfde aand in die omgewing vasgetrek en deur die polisie ingeneem vir ondervraging. Hulle is egter nie formeel aangekla nie, omdat hulle nie sonder twyfel met die voorval verbind kon word nie.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, die provinsiale polisiekommissaris, het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om na vore te kom met inligting oor die oorblywende verdagtes wat by die aanval betrokke was.

ʼn Gesamentlike gedenkdiens vir Billy van Rooyen en Lombard is Woensdag in die NG Moedergemeente in Vryheid gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gesiggie ·

Ag asb”” kry hierdie mense , sodat hul kan boet vir wat hul gedoen het… mense se lewens is verwoes…. n Familie is in rou”’ niks sal ooit die mense kan terug bring… Sterkte aan hierdie Familie wat deur als moet gaan…. En ek hoop dat Oom Lood sal aansterk… hoop om gou goeie nuus te ontvang, aangaande die saak.

Karma ·

Seker maar weer ‘n loongeskil. Seker maar weer Jan van Riebeeck se skuld … of nee, dit was Cecil John Rhodes …. nee, dit was Hennerik Verwoerd en Apartheid se skuld ….

Elsie ·

Nee hierdie aanvallend is
volgens my intimidasie om die mense weg te werk. Uitstekende verhouding met die plaaslike bevolking. Die groot opkoms by die roudiens spreek van self.

Marlize ·

So Bitterlik jammer vir die familie se verlies. Dis aaklig dat SA so n vrot nes vol misdadigers word.

Hannelie ·

HOEKOM???? Ons land is in sy dinges. Dit sal nie ophou voor Zuma nie gegaan het nie en die doodstraf nie terugkom nie. Simpatie aan die families met hierdie verskillend verlies

Tiger ·

My innige simpatie met al die familie met hul verlies.Solank as wat ons ‘n krimineel vir ‘n president het sal kriminaliteit hoogty vier in die land.

Lance ·

Dis net moord verkragting korrupsie oral waar jy kyk of lees …. en dit gebeur so gereeld …..is so baie mense dan so ….wat gaan van die samelewing word in die land ….dis vrot tot op die been en mense wat ons moet beskerim soos die polisie is net so onbevoeg en vrot

Mel ·

Ek stem saam jou RK, lewens word totaal en al verwoes, moord laat enige iemand kwaad, woedend, haatlik Ag ek dink ni mens Kan di gevoel beskryf ni, Pragtige mamma en kindertjies word agtergelaat en lewe verder in gevaar en moet om elke hoek en draai oor hul skouers loer, ni een van ons verdien om so te lewe ni, my hart gaan uit na hierdie gesin toe en ook na al di plaasmoorde, dis onaanvaarbaar wat aan di gang is, my man werk in di buiteland, as ek iemand in my erf kry wat ni daar hoort ni sal ek flippen skiet!!!!

Tiger ·

Maroela Media hoe lyk dit ,is daar nog geen terugvoer hieroor nie?Die een verdagte sou mos al in die hof verskyn het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.