Man vas ná woonstelbrand wat 5 eis

Die man het na bewering die woonstel – waarin hy en van sy familielede gebly het – aan die brand gesteek (Foto: KZN VIP Protection Services, Facebook)

Die 57-jarige man wat na bewering Maandagoggend ’n woonstel in Phoenix, KwaZulu-Natal, aan die brand gesteek het, is aangekeer. Vyf mense, wat glo familie van die verdagte is, het in dié brand omgekom.

Volgens brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, is die man ure ná die voorval by familielede se huis in Phoenix in hegtenis geneem.

“Die man het ernstige brandwonde opgedoen en is onder polisiebewaking na ’n plaaslike hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling,” sê Naicker.

Maroela Media het vroeër berig die man het na bewering die woonstel – waarin hy en van sy familielede gebly het – aan die brand gesteek. Dit volg nadat ’n rusie glo tussen die inwoners van die woonstel uitgebreek het.

Vyf inwoners, onder wie ʼn driejarige, het in die brand omgekom terwyl sewe ongedeerd uit die woonstel ontsnap het.

Die man staan tereg op aanklagte van brandstigting en moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Shakespeare

Afrikaan mentaliteit. As iemand jou nie jou sin gee nie BRAND dit/hom/haar of gebruik ‘n mes, ‘n geweer of panga om hom / haar die ewigheid in te stuur.

SomeOne

jammer vir die wat dit nie gemaak het nie,
12 in een woonstel, 03:00 is hulle nie daar om te kuier nie maar slaap