Man vas ná wrede aanval op Alexandria-boer

Die goedere waarop daar beslag gelê is. Foto: Verskaf.

ʼn Man (24) is in hegtenis geneem ná die wrede plaasaanval Saterdag op Riaan Scheepers, ʼn beesboer in die Alexandria-omgewing in die Oos-Kaap.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is tans in aanhouding.

Die polisie het die gemeenskap bedank vir hul bystand en die inligting wat hulle verskaf het.

“Ons ondersoek gaan voort en enigiemand met bykomende inligting kan kapt. Leon Els by 0833870749 in kennis stel.

Govender het bygevoeg dat daar op verskeie klere-items asook die slagoffer se selfoon beslag gelê is.

Alle bewysstukke sal vir verdere forensiese ontleding gestuur word.

Die verdagte sal Maandag in die Alexandria-landdroshof verskyn.

Riaan Scheepers. Foto: Verskaf

Brent McNamara, voorsitter van die Alexandria-landbouvereniging, het sy dank aan die polisie betuig vir die manier waarop hulle hierdie ondersoek aangepak het.

Maroela Media het vroeër berig die vereniging het ʼn beloning van R50 000 aangebied vir die opsporing van ʼn handwapen en vir enige inligting wat kan lei tot die suksesvolle vervolging van die mens(e) wat verantwoordelik was vir die aanval op Scheepers.

Maroela Media het vroeër berig Scheepers, is omstreeks 09:00 die oggend na ʼn hospitaal in Port Alfred gehaas voordat hy na die hospitaal in Port Elizabeth oorgeplaas is. Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het vroeër gesê Scheepers is erg aangerand, vasgebind en “vir dood agtergelaat”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Cherokee ·

Wonder of die inhegtenisname sou gebeur sonder die beloofde beloning.

Oud boervrou ·

Toemaar, moenie opgewonde daaroor raak nie – hy gaan borgtog van ‘n paar rand kry want sy familie gaan hom kwansuis nodig kry…. Sterkte vir die slagoffer se familie.

Justice ·

Dit is baie goeie nuus maar hou gaan dit nou met Mnr. Scheepers? Ek kan net bid, hoop en vertrou dat daar alreeds beterskap is. Hulle is so `n pragtige gesin.

Deloris ·

Hoe interessant, sodra geld betrokke is …. word die skuldige gevang ….. en geen beloning…. geen arrestasies ?

Madeleine ·

Vir my ook vreemd dat mense net wil bydrae as daar geld gegee word…ai

Helena ·

Maak nou nie saak of daar beloning by betrokke was nie, feit is die hele gemeenskap het saamgestaan, en ek glo daar sal geregtigheid geskied.

BANG JAN SE VROU ·

Ek lees van verskeie witmense wat daagliks aangerand en doodgemaak word. Gebeur sulke goed nie met anderskleuriges nie, want ons sien niks in die media daarvan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.