Man vas ná wrede hoewe-aanval

Joekie Nortjé in die hospitaal.

Die bejaarde vrou wat Maandag ernstige beserings opgedoen het nadat sy en haar seun op hul kleinhoewe buite Louis Trichardt in Limpopo aangeval is, het ʼn operasie ondergaan.

Joekie Nortjé (80) het verskeie kapwonde aan haar hande en arms opgedoen en sy is geopereer om skade aan die spiere en weefsel te probeer herstel. Volgens haar skoondogter, Mercia Nortjé, sal Joekie die volgende ses weke by familie aansterk aangesien sy niks vir haarself sal kan doen nie.

Haar seun, Johan Nortjé (62), is intussen van die Mediclinic Limpopo in Polokwane na ʼn hospitaal in Pretoria oorgeplaas. Daar moet nog vasgestel word of hy ook ʼn operasie sal ondergaan en of hy breinbeserings opgedoen het. Johan is vermoedelik met ʼn staalpyp en panga aangerand en het ernstige kopbeserings opgedoen.

ʼn Verdagte is intussen in verband met die aanval in hegtenis geneem. Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het bekend gemaak die verdagte is reeds Maandag kort na die aanval in hegtenis geneem. Die 29-jarige verdagte is in Tshikota buite Louis Trichardt in hegtenis geneem.

“Die soektog na die ander verdagtes gaan voort. Die verdagte wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die Louis Trichardt-landdroshof verskyn op aanklagte van huisroof en poging tot moord.”

Mercia het haar dank teenoor lede van die gemeenskap en mense van oral in die land uitgespreek vir die hulp wat hulle ontvang. “Ons kry regtig hulp van almal af en waardeer wat die mense vir ons doen,” sê sy.

Maroela Media het vroeër berig Joekie en Johan is Maandagoggend deur vyf gewapende mans oorval nadat die aanvallers hulle as voornemende kopers voorgedoen het. Werkers op die kleinhoewe het vir hulle die varke gaan wys waarna twee werkers met draad vasgebind is. Johan is oorrompel en ook vasgebind toe hy van die huis af buite toe is.

Joekie is in die huis oorval. Sy kon daarin slaag om die aanvallers in die huis toe te sluit en na ʼn buitekantoor te vlug waar sy haarself toegesluit en hulp ontbied het. Die aanvallers kon egter daarin slaag om uit die huis te ontsnap en het met selfone en kontant op die vlug geslaan.

Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die oorblywende verdagtes kan lei, word versoek om lt.kol. Tshililo Ndou by 082 565 7877 of Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johan ·

Die gepaste straf sal lewenslank sonder die moontlikheid parool wees.

Matthys ·

Ek stem nie, die gepaste straf sal die dood wees. Hulle bly soos konings in die tronk.

wet ·

hulle moet die sweep terug bring. Voor hulle tronk toe gaan moet hulle eers gelooi word. Seker ´n baie goeie en harde pakslae sal hulle 2 keer laat dink voor hulle sulke goed doen

KrokodilBotha ·

Jy hou jou hek gesluit. Vreemdes ander kant die draad soek moeilikheid. Meeste gevalle is die slagoffers nie bewus wat rondom hulle aangaan nie. Begin na jouself te kyk. Polisie is treurig. Jy kan lankal nie op hulle of die howe staat maak nie. Daar sal nog baie gevalle wees, totdat die mensdom wakker skrik.

anni ·

Die een aanvaller is Darm vinnig gevang, Maar Jy sě die polisie is treurig. Sě net bietjie Dankie krokodil.

Ursula ·

Doodstraf. Boendoe justice. Tronk gaan niks help. Baie braaf om n tannie van 80 so te slaan.

Willie ·

Seker klaar op R500 borg uit? Die mense moet die Staat kan dagvaar vir mediese onkostes en verlies van inkomste! Die staat vaal daarin om burgers te beveilig, en om saam met die MRK haatspraak teen blankes hok te slaan… ANC en EFF het baie bloed op hulle hande…

Elna ·

Dis nou briljant Willie. Jy het n fantastiese goeie punt beet hier. Ek staan bank vas agter jou. Net een vraag hoe gaan ons te werke gaan ivm die tipe eisse? Vir wie dagvaar ons?

ne ·

Die samelewing se standaarde is “zero” Wonder of hulle nie betaal word om blankes aan te val nie?

JJ ·

Een vloed, n huis wat in mekaar sak en CR is in Amanzimtoti. Natuurlik pre-verkiesing strategie. Daaglikse moorde, verkragtings en aanvalle op boere wat kos op sy tafel sit en nie n woord nie. Mmmmm.

Julius ·

Gee vir my die een verdagte dan vertel ek julle wie is die ander en waar hulle is.

Gaitsigubib ·

Net soos in die Dendron geval is die verdagte ook in die Vhenda omgewing vasgetrek. Oom Cyril kom ook van daar af, nou wonder ek of hulle mekaar ken, dalk vriende? Sy traak-my -nie – agtigheid kan maklik so interpreteer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.