ʼn Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die wrede moord op Precious Ramabulana.
Die 21-jarige kollegestudent is Sondag omstreeks 02:30 in haar kamer aangeval en met ʼn mes doodgesteek.
Ramabulana, van die Capricorn TVET-kollege in Limpopo, het in haar huurkamer in ga-Joel Section in Mokomene, noordoos van Polokwane, gelê en slaap toe ʼn onbekende persoon deur die venster toegang bekom het tot haar kamer.
Ramabulana is glo 52 keer met ʼn mes gesteek.
Namane Dickson Masemola, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo, het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie buite Tzaneen bekend gemaak dat ʼn 28-jarige verdagte in hegtenis geneem is in verband met die moord.
Volgens Masemola is die verdagte by sy ouerhuis in Nyakeleng in Botlokwa in hegtenis geneem. “Die polisie het ook op selfone wat moontlik aan Ramabulana behoort het, bloedbevlekte klere en moontlik die moordwapen beslag gelê.”
Masemola het die polisie se ondersoekspan geloof vir sy vinnige optrede. “Ons is seker dat ons die regte verdagte in aanhouding het. Ek wil ook graag die gemeenskap bedank vir hul geduld tydens die ondersoek.”
Die LUR het die hoop uitgespreek dat die verdagte die strengste moontlike vonnis opgelê word indien hy skuldig bevind word aan die moord.
Hoop hy gaan lewenslank tronk toe en ek bedoel lewenslank sonder parool – tot hy die dag sy laaste asem uitblaas. Niemand verdien om so of vermoor te word nie.
16dae van Aktivisme wat grap as jy geen opvoeding het nie
Hoe steek jy iemand 52 maal met ñ mes?! Hoe siek moet jy wees!! Arme vrou, sy was pragtig.
Haai sjoe – hy het seker nie besef hy mag eers weer misdaad teen vroue pleeg na die 16 dae verby is nie. Die 16 dae ding is ‘n grap – dan is almal vreeslik bekommerd oor die aanslag op vroue en kinders – wat van die res van die jaar en die aanslag op mans? – wat daarvan ons implimenteer ‘n 365 dae aktivisme teen alle misdaad?
Eestens gaan hy Borgtog toegestaan word . So moord wzs persoonlik en nie roof nie,sal grasg wil weet was sy verhouding met haar. So moord is nie roof nie maar persoonlik
Bitter bly hy is in hegtenis geneem en ek hoop hy kry ‘n verdiende straf, niks minder as lewenslank want dit is wraggies wat mens noem “overkill”.
Ek wens net uit my hart uit dat alle sake soveel polisie aandag kon kry en so spoedig iemand in hegtenis kon neem.
Nou is daar seker weer rede om optogte te hou en universiteite te beskadig.
Iemand wat iemand anders se lewe neem verdien net die doodstraf, einde van die storie!