ʼn 31-jarige man is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem op aanklag dat hy sy voormalige vriendin se 11-jarige seun ontvoer en vermoor het.
Volgens Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het Spezihle Phewa se ma hom op 28 November by haar vriend in KwaDabeka gelos aangesien sy glo ʼn paar takies moes afhandel.
“Met haar terugkoms het sy gesien haar seun is weg en dadelik haar vriend verdink,” het Zwane gesê. Phewa se ontbinde lyk is meer as ʼn week later op ʼn stortingsterrein in KwaDabeka gevind. Daar is aanvanklik berig die seun was 15 jaar oud.
Die verdagte is Woensdagaand in Greytown in die KwaZulu-Natalse Middellande by ’n vriendin se huis vasgetrek. Volgens Zwane sal die verdagte binnekort in die Pinetown-landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering en moord.
Sy verdink hom dadelik (dan moes daar mos “iets” gewees het) – maar sy het nogsteeds haar kind by hom gelos!! Huh!!??
Dit is siek, nou moes die arme kind met sy lewe in boed. Wat gaan aan met hierdie vrouens wat toelaat dat hulle mans hulle kinders so verniel? Dit is vir my verskriklik, maak nie saak wat die situasie is nie, jy kry jou kind en jouself daar uit. Jy sal net ‘n stof wolkie sien agter my trek, ek sal dit nie toelaat nie. Die eerste teken van geweld en ek kies koers.