Man vas oor 14-jarige se dood

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 33-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 14-jarige seun, het die polisie in die Wes-Kaap gesê.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is reeds op 17 September in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere. “Danksy uitstekende ondersoekwerk deur speurders van Ocean View en Kaapstad, is die verdagte verbind met die verkragting van ʼn 24-jarige vrou in Masiphumelele.”

Volgens Van Wyk is die vrou op 15 Augustus verkrag, dieselfde dag as die moord op die 14-jarige Amani Pula. “Die polisie het die verdagte positief verbind met die moord op Amani deur middel van DNS. Die verdagte het Donderdag vlugtig in die Simonstad-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Hy bly in aanhouding en sal weer op 10 Desember in die hof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sollie ·

Hou die ondier binne die tronk. Vir altyd! Kyk wat het hy nie al aangevang nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.