Man vas oor 58-jarige se verkragting

Argieffoto

ʼn 21-jarige man is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn 58-jarige vrou.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou en haar dogter het Woensdagaand omstreeks 19:00 televisie gekyk by hul huis in Mangathi Village, Dutywa. “Sy is kombuis toe, en toe sy nie terugkeer nie, het haar dogter ondersoek gaan instel. Sy het gesien hoe ʼn man haar ma verkrag.”

Die man het weggehardloop, maar is Vrydag gevind en in hegtenis geneem. “Hy staan tereg op aanklag van verkragting. Hy sal Maandag in die Dutywa-landdroshof verksyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarel ·

Ek weet hoekom hy nog in die hof moet verskyn net om.op borg vrygelast te word en voort te gaan met sy misdaad nie9

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.