Man vas oor aanlynafspraak-slenter

Argieffoto

ʼn 48-jarige man, wat daarvan beskuldig word dat hy sy slagoffers deur ʼn aanlynafspraak-slenter bedrieg het, sal in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklag van bedrog en geldwassery.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê die man het na bewering persone uit miljoene rand bedrieg. “Hy is verlede week Vrydag in hegtenis geneem tydens ʼn gesamentlike operasie tussen die Valke se eenheid wat ernstige handelsmisdade ondersoek en die Amerikaanse FBI.”

Die verdagte het na bewering hoofsaaklik Amerikaanse slagoffers op ʼn afspraakwebwerf om die bos gelei. “Ná hy ʼn vertrouensverhouding gebou het, het hy die slagoffers oorreed om geld aan hom oor te betaal vir probleme wat hy met sy onderneming ondervind, onder voorwendsel dat hy die geld sal terugbetaal.”

Die Valke en die FBI het die verdagte met meer as R4,1 miljoen verbind wat na ʼn Suid-Afrikaanse maatskappy, wat aan die man behoort, oorbetaal is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Naomi Berger ·

Regso. Sulke mense is ‘n belediging op die net.
Sleg ook om mense se goedgelowigheid so uit te buit.
Hy moet alles terug betaal al verloor hy sy besigheid.
Daar moet van hom n voorbeeld gemaak word.
10 uor 10 ook aan die valke en die FBI

Thelsa ·

As jy jou wil uitgee vir ‘n toffie, moet jy nie kla as jy gekou word nie.

Anoniem ·

Duidelik het nie een van julle deur hulle slim tegnieke deurgeloop nie. Dit is almal buitelanders en weet hoe om ‘n vis in te katrol. Hoop daar word ‘n spesiale eenheid gestig om hulle op die net vastekeer. Baie geld gaan na buiteland deur bedrog.

Christell ·

Oudste slenter in die wereld, en steeds val DESPERATE vroue vir dit!!!!

Johan Swart ·

Wat n klomp suckers ….ek verkoop n brug in Natal en een in Lesotho ….skakel my as julle belang stel …ek doen Lay-Buy’s …as al die geld in my rekening reflekteer dan kan julle na 3 dae dit gaan kollekteer…ek werk 30% afslag in tot en met 1 April 2020…

Wielspore ·

Voorbeeld van ‘n talentvolle persoon wat as kind nooit geleer het om sy talent reg aan te wend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.