Man vas oor antieke items en munte

(Foto: SAPD)

ʼn Man is in Bloemfontein in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat hy met antieke munte, horlosies en ander oudhede in sy besit betrap is.

Die 36-jarige man is omstreeks 05:20 Vrydag in ʼn metertaxi naby die munisipale swembad in Parkweg aangekeer. Die inhegtenisneming het gevolg nadat die polisie inligting ontvang het oor ʼn verdagte wat glo Krugerrande in sy besit het, het brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, gesê.

Daar is onder meer op horlosies uit die 1800’s, ʼn verkyker wat deur soldate in die Anglo-Boereoorlog gebruik is, asook antieke messe, medaljes en munte beslag gelê. Die items is in ʼn plastieksak in die man se broeksak gevind.

Volgens Makhele kon die man nie ʼn verduideliking gee van waar hy die items gekry het nie. Die waarde van die items word op R600 000 geraam.

Die verdagte sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

(Foto: SAPD)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Buck

Nie dat ek nie dankbaar is nie, maar dit is opvallend hoeveel sukses die polisie nou voor die verkiesing behaal. Hoop dit hou aan na 1 November.

Shakespeare

Ja……die tyd loop vinnig…….tronk toe. :)

Nie Verbaas

Net weer die klein ou vissie terwyl die biljoen en meer Rand korruptes n die regering voortgaan en beskerm word.

Chris dupreez

Hulle is besig om die museums te plunder

Dries

My vrou se broer is 3 weke gelede deur 4 mans verras toe hy 5h00 die deur oopsluit. Hy is van n versameling antieke horlosies, ou vuurwapens en anfer waardevolle items beroof, nadat hulle sy vrou erg aangerand het dat hy die kluis se sleutel moes oorhandig. Kring TV wys hoe hulle deur die buurman se erg oor die heining inkom. Nog niemand aangekeer nie.