Man vas oor bakkie met dagga

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie in Vrede in die Vrystaat het ʼn 58-jarige man in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dagga.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het Sondag die R103 buite Vrede gepatrolleer toe hulle ʼn verdagte Toyota Hilux-bakkie met Gauteng-nommerplate opgemerk het.

Beamptes het die bakkie van die pad af getrek en deursoek. Hulle het ʼn kombers agter op die bakkie gesien en dit opgelig waarna hulle op 20 groot sakke dagga met ʼn straatwaarde van R60 000 afgekom het.

Volgens Mophiring is die bestuurder van die bakkie in hegtenis geneem en is daar op die bakkie beslag gelê. Die bestuurder, glo van Newcastle in KwaZulu-Natal, sal Maandag in die Vrede-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ben die grote ·

Waarom sit die ou die dagga in deurskynende sakke agterop ‘n onpadwaardige ou bakkie? Selfs die SAPD gaan jou dan vang :-)

Freud ·

En hulle gaan ‘n foto neem om te plaas as bewys dat hulle die deurskynende sakke raakgesien het op die onpadwaardige bakkie.

Gerhard Burger ·

Stem saam Max! Besit is nie eers ter sprake nie. Die hoeveelheid wat op die foto sigbaar is dui ongetwyfeld eerder op handel. Ek kan nie sien hoe dit as besit die hof, ‘n klagtestelling en pleit kan haal nie. Miskien is dit maar net ‘n verskil tussen die media se verslaggewing van die geval en ‘n regstegnies korrekte aanklag wat op die dossier verskyn. Hoop so!

Michael ·

Goed so.Ek hoop die polisie vat die Nigeriërs vas in Kempton Park ook wat dink hulle is in Acra en kan doen wat hulle wil

Pespektief ·

R60,000! Wat ‘n fonds!
1) Die drie grootste maatskappye op die effektebeurs verkoop dwelms, 2 alkohol en 1 tabak. Hierdie arme ou is net skuldig daaraan dat hy swak verpakking en ‘n amateuragtige logistieke netwerk gebruik het.
2) Die regte skelms steel op so ‘n skaal dat hulle kan bekostig om die polisie en gereg om te koop. Waarom mors die polisie hulle tyd met dagga. Belaglik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.