Man vas oor bedreigde plantspesie

(Foto: Verskaf)

’n Man het Woensdag in die landdroshof in Klerksdorp in Noordwes verskyn nadat hy vroeër vandeesweek in die besit van ’n bedreigde plantspesie betrap is.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het Maandag inligting ontvang oor ’n man wat met die Conophytum-plantspesie in ’n bus op pad na Gauteng was. Die polisie het die bus voorgekeer en Kenneth James Hendriks (55) se bagasie is deursoek.

Conophytum-plante ter waarde van sowat R80 900 is in Hendriks se bagasie gevind en hy is in hegtenis geneem.

Die saak is vroeër vandag tot volgende Woensdag uitgestel. Hendriks bly tot dan in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Annette ·

Ek sou nie eers geweet het dis n bedreigde spesie nie. Wat sou hy daarmee wou doen? Het hy dalkn kwekerry, os sou dit vir een of ander doepa gebruik word?

Eragrostis ·

Dié mense wat die natuur so opfoeter, ongeag of dit met bedreigde spesies is of nie, plant en dier, moet swaar gestraf word. Dis in elk geval net vir eie gewin, en hulle voel vere vir die bewaring daarvan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.