Man vas oor beleggingsbedrog

geld 4

Argieffoto.

Ajith Haripersad Maharaj (57), wat daarvan beskuldig word dat hy beleggingsbedrog van R1,2 miljoen gepleeg het, het in die Randburg-landdroshof in Gauteng verskyn.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het Woensdag in die hof verskyn. Hy is vrygelaat op borgtog van R20 000. Hy moet op 29 Januarie 2020 weer in die hof verskyn.

“Maharaj is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn beleggingsbankier oorgehaal het om R1,2 miljoen te belê in sy VSA-gebaseerde beleggingskema, Atlantic Crescent Trade. Die belegger is gelok deur beloftes van ʼn hoë opbrengs,” het Mulamu verduidelik.

Die belegger het in November 2018 twee beleggings ter waarde van R1,2 miljoen gemaak en nooit die dividende ontvang nie.

“Die saak is in Junie 2019 na die Valke verwys en die ondersoek het tot Maharaj se inhegtenisneming gelei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.