Man vas oor beskermde reptiele

‘n Armadil-akkedis. Foto: ANA via die CapeNature webtuiste (http://www.capenature.co.za)

ʼn 49-jarige man sal Maandag in die hof verskyn nadat hy glo met beskermde reptiele ter waarde van meer as R700 000 in sy besit betrap is.

Die Wes-Kaapse polisie het die man Vrydag by Nuwerus naby die N7 net noord van Kaapstad vasgetrek.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is omstreeks 15:30 by ʼn padblokkade wat juis vir die feesseisoen opgestel is, vasgetrek.

“Die Vredendal-polisie het ʼn motor wat van die padblokkade af weggejaag het, agternagesit. Die motor is uiteindelik in Bitterfontein, Nuwerus, naby die grens van die Noord-Kaap tot stilstand gebring en die man in hegtenis geneem,” het Van Wyk gesê.

Volgens Van Wyk het die man 48 armadil-akkedisse in sy besit gehad. Dit is ʼn beskermde spesie en die akkedisse is sowat R720 000 werd.

Die man sal in die Klawer-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ʼn beskermde spesie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marianne ·

POGING TOT MOORD … 15 JAAR TRONK STRAF!!!
Niks minder sal gepas wees nie, ons Ken hulle as Ou-volk, bitter skaars, en hy vermoor hulle…

Cherokee ·

Hulle is beskermd en word dus nie verkoop nie, so hoe kan daar ‘n waarde bepaal word?
En dankie Marianne, het nie ‘n idee gehad wat Armadille is nie totdat jy dit uitgewys het as Ou-Volk. Het dit nie eens herken nie omdat ek dit as klein kind laas gesien het. Wonder wie het dit die naam van Ou-Volk gegee :-)

SjN ·

Hoe word die kreteria en die randwaarde bepaal en bereken as daar n verbod op die handel is, puik werk deur SAPD manne

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.