ʼn 20-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die beweerde verkragting van ʼn tiener wat uit Rustenburg verdwyn het.
Die vermiste 14-jarige meisie is Donderdag in Boitekong naby Rustenburg gevind. Sy was in die geselskap van ʼn 20-jarige man. “Die 20-jarige man, ʼn Suid-Afrikaner, is in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die Rustenburg-landdroshof verskyn,” het kapt. Elsabe Augoustides, woordvoerder van die polisie, Vrydag gesê.
Die meisie het op 3 November nie van die skool af teruggekeer huis toe nie, en sy is op 5 November as vermis aangemeld.
Haar verdwyning het daartoe gelei dat die gemeenskap vyf huise, wat aan uitlanders behoort, afgebrand het. Die uitlanders is daarvan verdink dat hulle vir die meisie se verdwyning verantwoordelik is.
“Drie sake van brandstigting word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Augoustides gesê.
Genl.maj. Arthur Adams, bevelvoerder van Rustenburg, het die lede van die gemeenskap gemaan om nie die reg in eie hande te neem nie. Hy het gesê die polisie sal nie huiwer om drastiese stappe te doen teen enigiemand wat die wet oortree nie.
Die VW bevat, volgens die foto, baie min plastiek. As my bakkie daar parkeer was, sou dit heeltemal gesmelt het.
5 x huise afgebrand en slegs 3 x sake van brandstigting – my wiskunde laat my seker in die steek.
Nouja gen maj adams, jy met die hoe rang. Ons wag vir die drastiese stappe. Maroela ons wil groot asb terugvoer he oor die brandstigting