Man vas oor BMW vol dagga

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Man is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms nadat dagga met ʼn straatwaarde van R350 000 in sy besit gevind is.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê hulle het inligting ontvang dat ʼn goue BMW dagga van Lesotho af vervoer en Saterdag op pad was Pretoria toe. “Lede van die misdaadvoorkomingseenheid het gister omstreeks 16:00 op die N1-noord gewag en die BMW naby die Allendale-afrit gewaar.”

Volgens Minnaar is die motor van die pad afgetrek en deursoek. Die beamptes het op ’n versteekte kompartement wat van staal gemaak is en met spons bedek is afgekom in die agterste sitplek. “In die versteekte kompartement is 50 groen baksteenvormige plastieksakkies met dagga in gevind.”

Minnaar het gesê die bestuurder is in hegtenis geneem en is in aanhouding by die Midrand-polisiestasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pietertjie ·

Die motor moes in die eerste plek nie deur die grenspos kon kom nie: ‘n sifdraad-grens vir ‘n sifdraad-regering!

Johann Marx ·

Pietertjie? Hy moes deur die grenspos kom? Hoe anders kry die polisie hulle “cut”? Hy’s nie gearresteer oor die dagga nie….hy’s gearresteer omdat hy nie wil “share” nie!! Vir ‘n groot gedeelte van die populasie is dit wat hy aangery het medikasie!!

Martin ·

Hoekom so ver kom met dit? Daar is sekerlik genoeg daarvan in Pretoria!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.