Man vas oor bomdreigement aan ANC-hoofkantoor

Luthuli-huis in die Johannesburgse middestad. Foto: Google Earth

Luthuli-huis in die Johannesburgse middestad. Foto: Google Earth

ʼn 41-jarige man is in hegtenis geneem in verband met ʼn bomdreigement in September vanjaar wat daartoe gelei het dat die ANC se hoofkantoor, Luthuli-huis, ontruim moes word.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die man is Maandag op ʼn plot in Muldersdrift buite Johannesburg in hegtenis geneem. Volgens Mulaudzi sal die verdagte na verwagting Woensdag in die hof verskyn.

Op ʼn vraag aan Mulaudzi oor op watter aanklagte die man tereg sal staan, het hy gesê daar is nog nie “formele aanklagte geformuleer nie”.

Luthuli-huis en die Star-koerant se kantore in die Johannesburgse middestad moes op 14 September ontruim word nadat ʼn bomdreigement ontvang is. Daar is destyds berig dat adj.pres. Cyril Ramaphosa in die gebou was ten tyde van die bomdreigement en dat pres. Jacob Zuma later ʼn vergadering daar sou bywoon.

ʼn Groot gebied om die kantore is afgesper en eers later weer heropen nadat snuffelhonde die twee geboue deursoek het en dit veilig verklaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gerhardt

Ja wel, hy het seker by die beste geleer.

vermeende

Wat jy saai sal jy maai, net jammer ons kan nie fotos hier plaas van die stasie bom nie.

pop

Net dade werk !!As jy dan moet gaan tronkstraf sit. Dreigemente werk nie, dit sal enigeen met kinders jou kan vertel.