Man vas oor broer (12) se moord

hof-hamer

Argieffoto

ʼn 30-jarige man sal vandag in die Mmabatho-landdroshof verskyn nadat hy na bewering sy 12-jarige broer vermoor het.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê die seun se liggaam is Woensdag in ʼn verlate huis in die Masutlhe-nedersetting naby Mahikeng gevind.

“Straatsmouse wat in die huis ingegaan het, het op die seun se lyk afgekom. Hy was nog in sy skooluniform geklee en daar was geen ooglopende beserings aan sy liggaam nie,” het Makau gesê.

ʼn Geregtelike doodsondersoek is aanvanklik gedoen, maar dit is na ʼn saak van moord verander nadat ʼn nadoodse ondersoek getoon het dat die seun verwurg is. “Die polisie se voorlopige ondersoek het aangedui dat die oorledene die laaste keer saam met sy broer lewend gesien is,” het Makau gesê.

“Die ondersoekspan het Vrydag die oorledene se broer ondervra en hy het erken dat hy sy jonger broer verwurg het. Hy is onmiddellik in hegtenis geneem.”

Volgens Makau is die motief vir die moord nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Willie ·

Dis darem maar ondenkbaar? Wat gaan aan met die samelewing?

Kaufman ·

Uiterste geweld op tv en speletjies vir kinders. Hulle sien dit elke dag en beskou die geweldplegers as helde. Voeg oneffektiewe regsisteem en “menseregte” wat die regte van moordenaars bo die van onskuldiges plaas, dan kry jy wat ons hier sien.

m ·

Ons lewe in n siek samelewing waar n lewe niks meer werd is nie… Families wis nou al mekaar uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.