Man vas oor daggaplantasie tussen mielies

Polisie op die toneel. Foto: Verskaf

Die Vrystaatse polisie het ʼn man in hegtenis geneem wat glo dagga geplant het en dit tussen mielies probeer versteek het.

Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê die Phuthaditjhaba-polisie se honde-eenheid was Donderdag om 10:00 besig met roetinepatrollie in die Naledi-nedersetting in die QwaQwa-omgewing toe hulle ʼn verdagte mielielandery opgemerk het.

“Die beamptes het gesien mielies is naby ʼn huis geplant, maar ʼn vreemde bos het die mielies oorgroei,” het Mophiring gesê. Die beamptes het gaan ondersoek instel en gesien dagga is tussen die mielies geplant.

ʼn Verdagte is opgespoor en in hegtenis geneem. Die polisie het die dagga verwyder en daarop beslag gelê.

“Die dagga het in totaal 25,7kg geweeg en het ʼn geskatte straatwaarde van R25 000.”

Die verdagte moet Maandag in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn.

Polisie op die toneel. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johann cb ·

Eina, en daar ry die bakkie met die arme man se onkruid weg…shame!

Johann ·

Dit kan ook wees dat hy die pret plantjies eerste geplant het en toe kom daar indringer plante wat soos mielies lyk tussen in op?

Twakkie ·

Het hulle wragtig niks beter om te doen nie? Daar is moordenaars en verkragters wat vry rondloop, gaan vang hulle eerder!

Jaco ·

Dis presies wat ek gedink het!! Met n motorinbraak het die polisie beampte nog reguit vir my gese dat hul heel moontlik nie my gesteelde besittings sou kon terugkry nie, want hul hulpbronne is beperk en het hul belangriker dinge soos moorde om aan aandag te gee!! Nou bemoei die spul hulself met iemand se dagga plantasie!!! Ek dink meeste van ons voel n veer oor wie gaan hoog raak op hul bossies, gaan beskerm eerder ons boere!!!!!

Buitestander ·

Nou wat hulle somer so sy medisyne weg. Waar gaan hy medisyne kry vir sy siekte ?

Jannie ·

Sjoe nou gaan hulle lek rook by die stasis en hom aankla van moord dis mos al wat geleer word nou

Chrisjan ·

Dis n algemene praktyk. Honderde hektare word jaarliks so geplant sonder dat die boere agterkom.

Jan ·

Hierdie ou het die opbrengspotensiaal van hierdie grond gesien. Ten minste besteel hy nie die nasie nie. Net jammer van die drek wat moontlik deur jong kinders misbruik mag word.

Cherokee ·

Die 25,7kg is nat gewig wat swaarder is. Matonkwan word gerook as dit droog is.

not in wonderland ·

Lag my vrek vir “die verdagte mielieland”. Gaan die land ook tronk toe?

Cherokee ·

Hoop werklik jy’t jou nie regtig vrek gelag nie…. haai…!!! is jy okay??? Maar ek geniet jou sin vir humor:-)

Piet ·

Presies wat gaan gebeur as hulle plase van die staat gaan kry gaan nie voedsel produseer nie maar dagga daar is meer geld in ons gaan almal doodgaan van die honger maar darem op n high feeling

Justice ·

Vroeer jare is die plante uitgetrek en sommer op die perseel of landerye verbrand – nou word dit seker erens tot kompos verwerk.

Stefaans ·

Ek kan duidelik sien julle het nie die vaagste benul van boerdery nie, Enige vestandige boer glo in diversifikasie – as die tamatie- of mielieoes misluk, dan moet daar iets bykomend wees om op te maak,
Dagga is tans die enigste kontangews wat met min water winsgewend verbou kan word. Daar is altyd aanvraag, want ongeveer 1 uit elke 7 inwoners rook die groen plant. Die kooperasie sluk ook nie deel van die wins nie, soos met ander produkte die geval is,

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek is geen voorstander vir verbouing of gebruiik van dagga nie, maar dis vrylik beskikbaar! Vra ‘n hoerskoolkind of tuinman! Die polisie moet optree oor ‘n ongenooide wat jy in jou garage toegesluit het wat hul moet kom wegvat en hul dan 24uur later eers opdaag nadat die kwaaddoener ‘n gat in die plafon gemaak en ontsnap het,.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.