ʼn Nigeriër is in Welkom in die Vrystaat vasgetrek nadat die polisie hom met verskeie ongeslypte diamante en dwelms betrap het.
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het gesê lede van die Welkom-honde-eenheid het Maandag roetinepatrollies in die sentrale sakegebied van die dorp uitgevoer, toe hulle ʼn verdagte voertuig in Muizenstraat opgemerk het.
Die voertuig is deursoek en die polisie het verskeie diamante daarin gevind.
“Hulle het die verdagte daarna na sy woonstel in die Welkom-sakekern geneem. Daar het hulle die soektog voortgesit en 22 metamfetamien-tablette (ook bekend as crystal of tik), 275 Mandrax-tablette en ʼn plastieksakkie met kokaïen gevind,” het Makhele gesê.
Die dwelms het ʼn waarde van nagenoeg R40 000.
Die 41-jarige man is in hegtenis geneem vir die besit van ongeslypte diamante en die handel in dwelms, het Makhele gesê. Hy verskyn na verwagting binnekort in die Welkom-landdroshof.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Hulle gaan hom seker borg gee……