Man vas oor dollars in bagasie

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

ʼn Man wat vandeesweek by die Internasionale Lughawe OR Tambo betrap is toe hy na bewering Amerikaanse dollarnote ter waarde van R10 miljoen na Dubai probeer smokkel het, sal vandag in die hof verskyn.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê die geld is Dinsdag gedurende ʼn roetine-ondersoek in die 60-jarige Pakistani se bagasie gevind. Dit is by die vertreksaal se ingangspunt in sy bagasie ontdek waar dit in foelie toegedraai was.

Volgens Mulamu was die man op pad om ʼn vlug na Dubai te haal. “Die man is op die plek in hegtenis geneem. Volgens wet mag reisigers nie meer as R25 000 in Suid-Afrikaanse rand of buitelandse geldeenhede ter waarde van meer as R150 000 by hulle hê nie,” het hy gesê.

Dit was nie die eerste geval van sy soort in die afgelope paar maande nie. Mulamu het gesê nog ʼn man, Madiha Rafiq, is in Oktober by OR Tambo vasgetrek nadat hy ook kontant uit die land probeer smokkel het. Rafiq is intussen op borgtog van R40 000 vrygelaat en sal in Februarie 2017 weer in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig ʼn vrou is ook in Oktober by die lughawe in hegtenis geneem nadat ʼn groot hoeveelheid dollarnote, ongeveer R14 919 606 werd, in haar bagasie gevind is. Nadat die geld in haar bagasie gevind is, het sy glo die doeanebeamptes probeer omkoop, maar is op die plek in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

John ·

Dubai… djou lekke deng… Party ander wat anderdag soontoe gehaas het se tasse is ongelukkig nie deursoek nie. Hoekom?

Swanna ·

Net soos jy daar se John. Ek dink hulle het gezum. Ha HA HE HE Hi Hi

Jan maak n Plan ·

Doeane het die tasse nog help laai op die vliegtuig.

Jaco Labuschagne ·

10 miljoen Rand in Dollars? Kon hy nie die 2 note beter weggesteek het nie? ?

Shrek ·

Dit is nog steeds deel van die lands kaping – stropings tyd

Hasie ·

Dit is net ministers, presidente en Guptas wat so baie kontant kan hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.