Man vas oor drawwer se verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 25-jarige verdagte is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 37-jarige vrou, wat in Howick, KwaZulu-Natal, gedraf het, oorval en verkrag het.

“Die vrou het Saterdag in Curryspotweg gedraf toe die man haar voorgekeer en met ʼn mes gedreig het,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Hy het haar na ʼn nabygeleë bos gedwing en haar verkrag. Hy het ook haar hardloopskoene, digitale horlosie en ʼn swart langmou-sweetpakbaadjie gesteel.”

Die slagoffer is na ʼn hospitaal geneem om vir skok behandel te word.

ʼn Saak van verkragting en diefstal is by die Howick-polisie aangemeld. “Die Howick-seksoortredingseenheid het die saak verder ondersoek en ʼn verdagte is opgespoor en in hegtenis geneem,” het Naicker bygevoeg. “Hy sal na verwagting binnekort in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn.”

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale kommissaris, het die beamptes geloof vir die vinnige inhegtenisneming. “Ons sal nie rus totdat die verdagte vervolg word vir hierdie afskuwelike misdaad nie,” het sy gesê. “Dit is onaanvaarbaar dat ʼn vrou nie sonder om bang te wees in ons woonbuurte kan draf of stap nie. Ons sal alles in ons vermoë doen om seker te maak dat hierdie man nie nog vroue beseer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

tina ·

Mooi so SAPD en onderskeie eenhede wat verantwoordelik was vir hierdie persoon se inhegtenisneming…trots op julle!!

Winston ·

Knap gedaan ja. Hoop hy word skuldig bevind en lank genoeg agter tralies gehou.

Carl ·

Goed gedoen SAPS die manne en vroue wat hul werk doen verdien ‘n saluut.

KarooKlong ·

Hoop nie sy is in die hospitaal net vir skok behandel nie!
Knap gedaan SAPD Howick.

Peet Schabort ·

Wat ‘n lae en gemene misdaad. Alweer die strawwe wat té lig is hiervoor. DOODSTRAF is al oplossing.

scalla ·

Verwyder dit wat hom pla, glo my hy sal nie weer vroue kan beseer nie,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.