Man vas oor drie se moord

Argieffoto (pixabay.com)

ʼn Man is Dinsdagaand in hegtenis geneem ná ʼn spesiale taakspan aangestel is in verband met die gewelddadige moord op drie mense, twee dogtertjies en hul oupa, in Limpopo.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die span het ʼn groot deurbraak gemaak met die inhegtenisneming in verband met die moorde by Sekgakgapeng buite Mahwelereng. “Die span het al sedert 5 Oktober onverpoosd gewerk ná ʼn huis aan die brand gesteek is. Die twee kinders en die oupa is oorlede en ander lede van die familie is ernstig beseer.”

Die 45-jarige man is omstreeks 21:00 by Mogoto buite Zebediela aangekeer waar hy in ʼn plaaslike kroeg weggekruip het.

“Ons bedank die span dat hulle slapelose nagte gehad het totdat die verdagte in hegtenis geneem is. Ons bedank ook die gemeenskap dat hulle deurgaans met die polisie saamwerk in die stryd teen misdaad,” het Ngoepe bygevoeg.

“Ons innige meegevoel met die res van die familie, insluitend die ma van die twee kinders wat nog steeds in die hospitaal aansterk.”

Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig ʼn familie van agt mense, van drie maande oud tot 70 jaar oud, het in die huis in Sekgakgapeng geslaap toe iemand die huis met ʼn petrolbom bestook het. “Die huis het dadelik begin brand. Die familie was in die huis vasgekeer,” het Ngoepe in daardie stadium gesê.

Die twee dogtertjies, Sadie Kekana (2) en Kamogelo Kekana (5), het op pad na die hospitaal aan hul beserings beswyk.

Maroela Media verneem die saak hou verband met huishoudelike geweld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Janet ·

Dis so sleg. Kan nie dink wat daai familie moet deurgaan. Ons in Suid Afrika is so gewoond dat die goed gebeur. Mens lees en skuif net aan maar ek wil regtig vir hieride fanilie intree. Geen kind of oumens verdien dit nie

Cherokee ·

Verdien het niks te doen daarmee. Dit is eenvoudig ‘n diaboliese daad uit die bose.

Estelle ·

Daar is geen agting eers vir hul eie mense nie… waar nog vir ñ ander?
Saai eerder op vrugbare grond Janet en tree in waar die oes sal vermenigvuldig.

Sean ·

Baie nice dat n spesiale taakspan opgestel is om die skuldige vas te trek Wonder of daai spesiale taakspan ook nie kan help as wit boere vermoor en gemartel word nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.