Man vas oor egpaar se moord

Henning en Hilda Schourie (Foto: Bergbron Gereformeerde Gemeente)

ʼn 45-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op Henning Schourie (82) en sy vrou Hilda (80).

Kapt. Jerbes de Bruyn, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die egpaar is Saterdag omstreeks 12:55 dood aangetref in hul huis in Annadalestraat in Sophiatown, Gauteng.

“Volgens lede van ADT-veiligheidsdienste het hulle gesien hoe ʼn verdagte die vroulike slagoffer aanrand. Toe hulle die verdagte beveel het om te stop, het hy van die toneel gevlug deur oor die muur te spring,” het De Bruyn verduidelik. “Een van die veiligheidsbeamptes het hom agternagesit en die verdagte in die bobeen geskiet.”

Die polisie is na die toneel ontbied. Henning en Hilda het aan hul beserings beswyk.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof. Dit is nog nie bekend of ander verdagtes ook by die rooftog betrokke was nie.”

Bergbron Gereformeerde Gemeente het op sy Facebook-blad meegevoel betuig met die afsterwe van die egpaar. “Ons gemeente sal hulle baie mis. Ons eer hulle nagedagtenis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Melanda ·

Oom Henning en tannie Hilda, woorde is daar nie om te beskryf hoe leeg julle plek sal wees nie. Julle was die twee wonderlikste en liefdevolste mense. Baie sterkte en liefde aan hierdie twee mense se kinders, kleinkinders, familie en vriende.

Frani ·

Dankie ADT en soortgelyke plekke wat ons nog op kan staatmaak

Niklaas ·

Dis moontlik dat die egpaar daai moordenaar geken het. Dalks vir hul gewerk. Tragies.

Johann ·

Enuus op Kyknet geen melding van diè moord nie maar lang dekking oor ‘n beweerde aanranding op ‘n tenoor wat na bewering deur lede van die SAW en SAPD. Is dit omrede hierdie slagoffers wit is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.