Man vas oor Eskom-kabels

Die kabels waarop beslag gelê is. Foto: ANA

Die kabels waarop beslag gelê is. Foto: ANA

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat daar glo R500 000 se Eskom-kabels in sy besit gevind is, het die Johannesburgse metropolisie gesê.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die verdagte, in sy 30’s, is op heter daad betrap waar hy besig was om die koperkabels op ʼn klein vragmotor in Kiblerpark te laai.

Volgens Minnaar is die kabels opgegrawe en sou aan ʼn skroothandelaar verkoop word toe die verdagte in hegtenis geneem is. Nog twee verdagtes in ʼn ander motor kon daarin slaag om te ontsnap.

Die verdagte sal in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van die besit van gesteelde goedere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dave ·

Word die skroothandelaar ook vervolg? Hy weet immers dat dit (uiters waarskynlik) gesteelde kabels is en is ook ‘n saboteur.

pop ·

Skrootwerwe is die groot sondebokke, meeste goed wat hulle so aankoop weet hulle voor hulle siel is gesteel. As die diewe nerens het om hulle ware van die hand te sit sal helfde van die diefstalle stop. Want wat gaan die diewe doen met dit???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.