Man vas oor gesin se moord

mes-aanval

Argieffoto

ʼn 22-jarige man is Sondag in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 49-jarige pa, 40-jarige ma en hul agtjarige dogter.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die man sal na verwagting Dinsdag in die Dutywa-landdroshof verskyn op drie aanklagte van moord. “Hy is Sondag by Nqabane Village in hegtenis geneem.”

Dutywa-polisie is deur lede van die gemeenskap in kennis gestel oor die moord op drie gesinslede Vrydagaand 21 September by hul winkel in Sihosheni. Die 49-jarige pa, 40-jarige ma en hul agtjarige dogter is met messe aangeval. “Dit is nog nie in hierdie stadium bekend hoe die lede van die gemeenskap van die moorde bewus geraak het nie. Die motief vir die moorde is ook nog nie bekend nie,” het Manatha bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.