Man vas oor gestremde vrou se verkragting

Argieffoto

ʼn 32-jarige man is in Acornhoek in Mpumalanga in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn 52-jarige gestremde vrou.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou is Sondag in die vroeë oggendure aangeval en verkrag.

“Die vrou het by haar huis in Cottondale Trust gelê en slaap toe ʼn man by haar slaapkamer ingebreek het. Hy het haar met geweld gedreig, haar gedwing om haar klere uit te trek, haar verkrag en toe langs haar aan die slaap geraak,” het Hlathi gesê.

Die vrou kon uit die kamer vlug en het hulp gaan soek. Haar broer het tot haar redding gekom. “Haar broer het dadelik na haar slaapkamer gegaan waar hy die slapende verdagte aangetref het. Hy het die man wakker gemaak, maar die verdagte kon van die toneel vlug.”

Die polisie is ontbied en ʼn saak van verkragting is aanhangig gemaak.

“Die polisie het ʼn deurbraak gemaak toe die verdagte Woensdag in hegtenis geneem is. Hy sal na verwagting binnekort in die Acornhoek-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Intussen gaan hy weer op borgtog vrygelaat word om. Nog misdade te pleeg. SA Regsstelsel kyk eers na diecregte van die misdadiger en dan na die slsgoffer

johanf

Ek ken nie die omstandighede nie maar as dit my suster was, sou hy nie van die toneel gevlug het nie……. Dankbaar hy is gevang, hoop maar hy word ordentlik gestraf…….