Man vas oor Gumtree-advertensie

Polisiebeamptes by die goedere waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

ʼn 27-jarige man verskyn Woensdag in die Kaapstad-landdroshof nadat hy in hegtenis geneem is toe hy glo  ʼn gesteelde skootrekenaar deur die advertensiewebwerf Gumtree probeer verkoop het.

Sers. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die man is Maandag in Seepunt in hegtenis geneem ná ʼn wenk van ʼn op-en-wakker lid van die gemeenskap.

“Die polisie het ʼn wenk van die inwoner ontvang oor ʼn man wat ʼn skootrekenaar op Gumtree te koop aanbied. Die inwoner wou by die polisie seker maak dat die skootrekenaar nie gesteel is nie,” het Rwexana gesê.

“Terwyl die kooptransaksie plaasgevind het, het die polisie by die ontmoetingsplek opgedaag. Die speurders het die reeksnommer nagegaan en bevind die rekenaar is wel as gesteel aangemeld.”

Die polisie het die man se motor deursoek waar nog skootrekenaars gevind en op beslag gelê is. Die polisie het ook die verdagte se huis deursoek waar nóg vermeende gesteelde skootrekenaars, kameras en selfone gevind is.

Die verdagte staan tereg op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Se net ·

Hulle moet sommer moontlikheid van moord ondersoek want so baie mense is al vermoor vir die goed. Oral waar daar moorde was word gemeld dat selfone en skoot rekenaars gevat was……

Gerrit ·

Misdaad floreer in sa en ek wonder of iemand kan sê wat hulle dink die rede is , ek glo vas dit is omrede sa nie meer polisie het nie.

Mornay ·

Ok Gerrit wie het dan die ou gevang ? Liewe heksie en Matewis die kat
Wees net so klein bietjie meer positief asb

Cherokee ·

Wakker lid van die publiek Mornay, nie wakker polisiemanne nie. Hulle het dieselfde toegang tot Gumtree. Wees bietjie meer postief en gee erkenning waar dit hoort; by ‘n lid van die publiek en nie by Liewe heksie en Matewis die kat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.