Man vas oor halfmiljoen rand se perlemoen

Foto: SAPD

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat die Wes-Kaapse polisie op ʼn wenk gereageer en op meer as 2 000 stukke onwettige perlemoen met ʼn geraamde straatwaarde van R500 000 beslag gelê het.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die polisie se blitspatrollie het ʼn wenk ontvang van ʼn voertuig, ʼn wit Toyota Corolla, op die N2 by Somerset-Wes wat vermoedelik onwettig perlemoen vervoer. Die beamptes het op die wenk gereageer en die voertuig opgemerk en agternagesit.

Hulle kon daarin slaag om die voertuig in Lwandle tot stilstand te dwing en te deursoek. “In die voertuig het hulle 2 098 stukke perlemoen gevind ter waarde van R500 000,” het Traut gesê. Hy het gesê die polisie se ondersoek het ook daarop gedui dat die voertuig in November verlede jaar in Khayelitsha gekaap is.

“Die 34-jarige verdagte sal in die hof in die Strand verskyn sodra hy aangekla is,” het Traut gesê.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, die provinsiale polisiekommissaris, het die beamptes geloof wat die verdagte vasgetrek het. Jula het gesê die stroping van marienehulpbronne is ʼn prioriteit vir die polisie in die provinsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cherokee ·

Nou wonder ek of die beheerbeamptes, wanneer hulle perlemoen konfiskeer wat nog lewendig is, dit terug sit in die water.

Maraai ·

Jong, die kinders kort stationery vir volgende week se skool…

piper ·

mooi so. die polisie is absoluut afhanklik vir inligting vanaf die publiek. ek dink in baie grvalle kom die inligting van n vorige werker of aandeelhouer wat ingedoen was. die vraag is wat word nou van die perlemoen. perlemoenstropery sal net ophou wanner daar geen meer permeloen oor is nie.

Andre Marais ·

Nooit kon dink dat ‘n Perlemoen gemiddeld R140 per Perlemoen werd sou wees op die swart mark nie ! ! ! ! !

Andre Marais ·

Jammer die eerste Inskrywing het Ek ‘n fout gemaak met die Bedrag – Ek sou nooit kon dink dat ‘n Perlemoen gemiddeld R240 per Perlemoen werd sou wees op die swart mark nie ! ! ! ! !

Andre Marais ·

Ek het nooit kon dink dat Perlemoen gemiddeld R240 elk werd sou wees op die swart mark nie ! ! ! !

humor ·

Hierdie polisiekommissaris en sy polisie sal moet wakker skrik. Daar is n slang in die gras. Waarom word hierdie stropers altyd na die stropingsproses terwyl hul oppad is vasgetrek. Die stropingsproses aan die kus is n langsame proses en die stropers behoort vasgetrek te word terwyl hulle daarmee besig is. Is daar nie n soort handeldryf met staatsamptenare nie?

ben ·

Diè manne is Meer uitgeslaap as wat julle dink. Die groot vrag perlemoen is op dieselfde roete. Maar hulle laat die klein outjie vang sodat al die aandag op hom is. Polisie konsentreer op die kleintjie terwyl die groot vrag met tonne rustig verby ry.
Op ñ goeie naweek haal hulle 20 ton plus uit by dyer eiland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.