ʼn Man is in hegtenis geneem nadat die Wes-Kaapse polisie op ʼn wenk gereageer en op meer as 2 000 stukke onwettige perlemoen met ʼn geraamde straatwaarde van R500 000 beslag gelê het.
Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die polisie se blitspatrollie het ʼn wenk ontvang van ʼn voertuig, ʼn wit Toyota Corolla, op die N2 by Somerset-Wes wat vermoedelik onwettig perlemoen vervoer. Die beamptes het op die wenk gereageer en die voertuig opgemerk en agternagesit.
Hulle kon daarin slaag om die voertuig in Lwandle tot stilstand te dwing en te deursoek. “In die voertuig het hulle 2 098 stukke perlemoen gevind ter waarde van R500 000,” het Traut gesê. Hy het gesê die polisie se ondersoek het ook daarop gedui dat die voertuig in November verlede jaar in Khayelitsha gekaap is.
“Die 34-jarige verdagte sal in die hof in die Strand verskyn sodra hy aangekla is,” het Traut gesê.
Lt.genl. Khombinkosi Jula, die provinsiale polisiekommissaris, het die beamptes geloof wat die verdagte vasgetrek het. Jula het gesê die stroping van marienehulpbronne is ʼn prioriteit vir die polisie in die provinsie.
- Foto: SAPD
- Foto: SAPD
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Nou wonder ek of die beheerbeamptes, wanneer hulle perlemoen konfiskeer wat nog lewendig is, dit terug sit in die water.
Jong, die kinders kort stationery vir volgende week se skool…
mooi so. die polisie is absoluut afhanklik vir inligting vanaf die publiek. ek dink in baie grvalle kom die inligting van n vorige werker of aandeelhouer wat ingedoen was. die vraag is wat word nou van die perlemoen. perlemoenstropery sal net ophou wanner daar geen meer permeloen oor is nie.
Nooit kon dink dat ‘n Perlemoen gemiddeld R140 per Perlemoen werd sou wees op die swart mark nie ! ! ! ! !
Jammer die eerste Inskrywing het Ek ‘n fout gemaak met die Bedrag – Ek sou nooit kon dink dat ‘n Perlemoen gemiddeld R240 per Perlemoen werd sou wees op die swart mark nie ! ! ! ! !