Man vas oor heroïen van R48 miljoen

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Pakistan is Maandagoggend by ʼn huis in Booysens, Johannesburg, in hegtenis geneem nadat die polisie heroïen ter waarde van R48 miljoen opgespoor het.

“Die man was glo op pad om die dwelms na ʼn ander plek te neem, toe ons toegeslaan het,” het Paul Ramaloko, die woordvoerder van die Valke, gesê. “Ons het beslag gelê op 40kg heroïen met ʼn geskatte straatwaarde van R1.2 miljoen per kilogram.”

Ramaloko het gesê die dwelms is in die land in gesmokkel, maar wou nie bekend maak van watter land dit gesmokkel word nie, aangesien dit die ondersoek kan belemmer. Die verdagte is glo deel van ʼn internasionale dwelmsmokkelnetwerk.

Twee ongelisensieerde vuurwapens is ook by die huis gevind.

Die man sal na verwagting Dinsdag in die Johannesburg-landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel. Die polisie verwag meer inhegtenisnemings. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

H Lambert ·

Ek hoop hulle sit ‘n GROOT foto op elke straathoek, koerant TV (ensovoorts) internasionaal. Sodat mense kan sien hoe lyk die man wat miljoene mense se lewens verwoes en vernietig!! Dan moet hulle hom lewensdig in stukkies sny en vir die Leeus voer. Die GEMORS!!

alet ·

Hoekom verban hulle nie al die buirelanders dis hule wat al die probleme in die land veroorsaak .Maar waar kry hulle wapens is dit nie ook nog deel vd wat hulle in die spog woonbuurte gekry het nie is hy nie dalk die brein agter alles. Mooi 10 uit 10 vir die valke hou so aan

estelle ·

al hoe die siek bedryf geknak gaan word is as die ouers van dwelm verslaafdes die wet in eie hande neem! gevang! seker al uit op borg! vir elke dwelm verslaafde is daar +- 17 mense direk verbind aan hom/haar wat die pyn moet deurgaan van kyk hoe ‘n heroien verslaafde stadig maar seker doodgaan! hulle is moordenaars! wis gesinne uit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.