Man vas oor hy glo met krag lol

Foto: SAPD/Facebook

Gerrit Jan Crowther (52) het Dinsdag in die Oos-Londen-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog ten bedrae van ongeveer R180 miljoen.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Crowther is Donderdag in hegtenis geneem ná ʼn ondersoek deur die Valke wat twee jaar geduur het.

“Crowther het langer as drie jaar voorgegee hy werk vir Eskom en die Buffalo City-munisipaliteit. Hy het toestelle geïnstalleer wat hy beweer het verminder elektrisiteitsverbruik.”

Volgens Mulaudzi het dit egter aan die lig gekom dat hy nie toestelle installeer nie, maar eerder met elektrisiteitsmeters peuter. “Die munisipaliteit het gevolglik nagenoeg R180 miljoen verloor weens die beweerde misdaad.”

Crowther bly in aanhouding en moet weer op 29 Junie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Albaster ·

Wat sou sy motief wees? Wat het hy hieruit gekry? Iets klink nie reg nie.

Johannes ·

Maar ESKOM werknemers wat die kragnetwerk en sub-stasies DOELBEWUS SABOTEER kom niks oor nie….

DV ·

Sy motief is om geld te maak.
Hy het seker nie werk en moet ‘n inkomste verdien!!!

Johan H. ·

Jammer ek het nie van sy dienste gebruik gemaak nie,,Ek dink ieg. mense moet onpartydige mense kry om n ou se meter na te gaan, Vertrou eskom gladnie, Wag al meer as 3 jaar vir n eis,,, Gelukkig kry hulle wat hulle toekom!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.