Man vas oor Ikeys-student se verdwyning

Uyinene Mrwetyana het Saterdag vermis geraak. (Foto: Facebook)

ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die verdwyning van ʼn 19-jarige eerstejaarstudent van die Universiteit van Kaapstad (UK) wat ʼn week gelede vermis geraak het.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, sê die 42-jarige verdagte is gisteroggend deur die Wes-Kaapse blitspatrollie in Claremont vasgetrek. Hy sal Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Intussen ag die polisie Uyinene Mrwetyana steeds as vermis en word haar verdwyning steeds ondersoek. “Alle moontlikhede word ondersoek, insluitend die plek waar sy laaste gesien was,” sê Potelwa.

“Ons is positief dat die ondervraging van die verdagte uiteindelik sal lei tot die finalisering van die ondersoek en sodoende ʼn einde bring aan die dae lange onsekerheid van Uyinene se familie, vriende en almal wat betrokke is.”

Oor die liggaam wat Maandag in Lingelethu-Wes in Khayelitsha gevind is, sê Potelwa DNS-toetse sal eers gedoen word om die identiteit van die persoon vas te stel. ʼn Nadoodse ondersoek sal ook die oorsaak van die oorledene se dood bepaal.

“Ons doen ʼn beroep op almal om ruimte te laat vir die ondersoek om afgehandel te word.”

Mrwetyana is vir die laaste keer gesien toe sy Saterdag haar studenteblyplek in Claremont verlaat het om ʼn pakkie by ʼn poskantoor te gaan afhaal. Haar familie het intussen ʼn private ondersoeker aangestel om te help om na die jong meisie te soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JohanR ·

Vrouens moet baie versigtig wees by daai universiteit. Vele soos mens se in Engels “shiftys” wat daar, en in die omgeewing van Mowbray, Rosebank en Rondebosch rondwaal.

Renee ·

So pragtige meisiekind ek hoop hulle gee hom die doodstraf. Ons vrouens en ki ders is nie meer veilig nie.

Bekommerd ·

Die libs kan maar sê wat hulle wil, maar SA is vir niemand meer veilig nie. Mis die ou SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.