Man vas oor Kaapstad-rooftog

Canal Walk-winkelsentrum Foto: www.milnerton.info

Canal Walk-winkelsentrum Foto: www.milnerton.info

ʼn Man is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by Canal Walk in Kaapstad.

“ʼn Lid van die publiek het die verdagte aan die polisie uitgewys,” het kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, gesê.

Die polisie stel ondersoek in om te bepaal of die man aan ander rooftogte in die Wes-Kaap verbind kan word. Hy sal binnekort in die Kaapstadse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

moegoe ·

Dit raak vakansietyd en die skelm karakters sal roof want platsak is nie sy naam oor die feestyd.Motoriste ry sonder kontant want ek het 2weke gelede R3000-00 verloor – deur i barmhartige samaritaan te help, 2maniake wat hulle as weermag lede voorgedoen het deur met i oop bonnet van n Polo te staan-Ek ry ook i Polo en my hulp het my armer gemaak- OOS KAAP PROV

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.